Hansie Cronje

As kind was ons eendag by my stiefpa se familie in Windburg. Die tv was aan op krieket ek kan nie onthou of dit die Vrystaat of S.A was wat gespeel het nie. Maar daar was net een naam op almal se lippe Hansie Cronje.

Ek het stom gesit van daar af was ek krieket verslaaf en Hansie Cronje verslaaf van ons was nie krieket fans nie. Maar van daar af was ek. Ek het wedstryd op wedstryd gekyk op en af gespring elke keer as Hansie n ses geslaan het.

En toe in 2000 April toe kom die skok van wedstrydkoeiery dit is n misverstand dit moet wees. Hansie sal nooit so iets doen nie nooit.

En middag is ek besig om huiswerk te doen toe dit op die nuus kom Hansie het skuld herken. As n fan en tiener geskok. Maar hoe hulle Hansie behandel het het my gewalg. Hulle het hom soos die grootste musdadiger behandel.

Hy is lewenslank uit Krieket uit geskors. Hy het vir homself n lewe uit die kollig begin bou.

Toe breek 1Junie 2002 aan n ys koue winters dag ek het in my ouers se huis op die bank gele en tv kyk toe die skok nuus op cnn op kom. Suid- Afrika se voormalige Krieket kaptein Hansie Cronje sterf in n vliegtuig ongeluk

Ure dae weke later het die huldeblyke nog ingestroom. Selfs van mense wat hom vorige gekruisig het. Vir meisie van 19 het ek vir die eerste keer besef hoeveel skynheilige mense daar is.

Ek het saam met miljoene mense jou gedenkdiens op tv gekyk. Waar daar afgeskeid geneem is van n eggenoot seun broer vriend held. Die eerste bekende persoon waarvan ek weet wat se begrafnis op tv uigesaai is.

Vandag 17 jaar na daai dag word jy nog steeds onthou en nagedagtes herdenk. Nie net jou familie en vriende maar ook jou fans en krieket fans oor die wereld heen. Jy sal nooit vergeet word. Jy was en sal altyd n held bly

Advertisements

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s