Waar is God

Dis n vraag wat baie mense vra selfs Christene as daar n krisis is. Of dit persoonlike krisis is of n lands krisis of wereld krisis is. En dis nie nou anders met die covid19 nie.

Nou die dag het n vrou in die winkel vir gese sy het so hard gebid dat God die virus sal weg vat maar hy het nie. Ek was geskok hoekom die virus hier is hoekom hoekom mense siek word hoekom mense dood gaan aan die virus verstaan ons nie dalk sal ons eendag of dalk nie.

Ek persoonlik dink dis om gesinne te herstel her te besin oor wat werklik belangrik is. Ja dis verskriklik hart verskeurend hartseer dat mense dood gaan families sal nooit weer die selfde wees nie. Mense se lewens word ontwrig mense sit sonder inkomste. Dokters verpleegpersoneel se lewe is in gevaar. So die personeel in retail waarvan ek een is.

Maar dan is daar ook stories soos iemand my vertel het dat haar man bid wat hy nooit gedoen het nie. Gesinne sandeur tyd saam deur.

Maar om terug te kom waar is God Hy is orals in ons huise by die wat bang is vir die virus by die wat posetief getoets het hy die wat siek is die wat simtome het. By die wat veg vir hulle lewe.

Hy is in die hospitale by die dokters by die verpleegsters by retail werkers en al die winkels wat wel oop is.

God kan nie in n kerk toe gesluit wees nie Hy is orals in die krisis soos hy by was by elke persoon se persoonlike krisis en groot krisise soos 9/11 en hoerskool driehoek en baie ander.

More is goeie vrydag die dag op wat Jesus die swaarste gekry. En ons vier dit die jaar in n onseker tyd in n swaarkry tyd in verskillende opsigte vir verskillende mense.

Maar Hy is hier om ons hierdeur te dra. Terwyl hy dalk die natuur en gesinne terstel en ons nader aan Hom bring. Hy sal ook die mense wat geliefdes hierdeur verloor hierdeur dra.

Want God is hier by elke een van ons wat in hom glo en nog sal glo dis waar God is

2 thoughts on “Waar is God

Leave a comment